Elizabeth du Toit’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African poet
Is Poet 
From South Africa 
Type Literature 

Elizabeth C.M. du Toit (2 Januarie 1925, Zastron –† 1964, Amerika) is ’n Afrikaanse digter en skrywer en dogter van dr. S.J. du Toit, eweneens ’n Afrikaanse digter.

Lewe en werk

Herkoms en opleiding

Elizabeth Catharina Maria du Toit is op 2 Januarie 1925 op Zastron in die Vrystaat gebore. Haar vader was dr. S.J. du Toit, hoofinspekteur van onderwys in die Vrystaat was, en haar moeder is Miemie du Toit, wat self ook skrywer was. Haar ouers noem haar Prutske en sy is onder hierdie naam by haar vriende bekend. Sy word groot op Dealesville en gaan skool op Frankfort en aan die Sentraal Hoërskool in Bloemfontein, waar sy in 1940 op vyftienjarige ouderdom met onderskeiding matrikuleer. Sy studeer vanaf 1941 verder aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat en behaal in 1943 die B.Sc.-graad met lof, met hoofvakke Sielkunde en Wiskunde. Die Universiteit van Suid-Afrika ken op grond hiervan ’n merietebeurs aan haar toe. Sy sit haar studies voort aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal in 1945 die M.A.-graad in Sielkunde met lof.

Loopbaan en lewe oorsee

Hierna neem sy vir agtien maande ’n betrekking as lektrise in Sielkunde aan die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat. Die Nasionale Personeelnavorsingsburo in Johannesburg neem haar hierna in diens en sy werk hier vir ’n jaar onder direksie van dr. S Biesheuvel. Die Wetenskaplike- en Nywerheidsnavorsingsraad ken ’n Na-Magisterbeurs aan haar toe vir ’n navorsingsprojek op die gebied van die Kliniese en Abnormale Sielkunde, wat sy dan onder leiding van prof. dr. A.J. la Grange aan die Universiteit van Pretoria voltooi. Met haar proefskrif Abstract reasoning ability as measured by the Raven progressive matrices test 1938, in various clinical syndromes behaal sy dan in 1954 die D.Phil.-graad in Sielkunde aan hierdie universiteit. Sy dien ook op die Sielkundige Komitee van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal, Wetenskap en Kuns, wat die vakkundige woordelys oor Sielkunde opstel. Later verwerf sy ’n beurs vir ’n studiereis na Amerika, waar sy ’n pos aangebied word by ’n hospitaal vir sielsiekes, ’n betrekking wat sy in 1962 opneem. Sy is in 1964 in Amerika aan onbekende oorsake oorlede.

Skryfwerk

Digkuns

Haar digdebuut met In die verbygaan in 1945 word oor die algemeen nie positief beoordeel nie met die beswaar dat dit hoofsaaklik jeugdige gemoedstemminge bevat, met beperkte beskrywingsvermoë en beelding. Dit is veral haar gebruik van eenselwige beelde getipeer deur ’n voorliefde vir bleek en geel kleure wat haar beperkings as digteres in hierdie stadium van haar ontwikkeling tipeer.

Haar nagelate verse in Towertuin gaan grootliks ongemerk verby. Soos die digter Daniël Hugo in ’n insiggewende artikel egter aantoon, is sy nietemin een van die weinige digters in Afrikaans wat die Franse versvorme soos die villanelle, en die verskillende vorme van rondeel (triolet, Orléans-rondeel en rondeau) bemeester en is op hierdie gebied een van die voorlopers in die Afrikaanse poësie.

Versamelbudels

Van haar gedigte word opgeneem in Gerrit Komrij se omvangryke bloemlesing Die Afrikaanse poësie in ’n duisend en enkele gedigte en ook in ander versamelbundels, insluitende Afrikaanse natuurpoësie.

Kortverhale

Sy skryf ook kortverhale, wat sy in Gewondes saambundel. Hierdie verhale het almal ’n sielkundige inslag, met belewenisse van fisiese of geestelike pyn wat na heling hunker.

Publikasies

Werke wat uit haar pen verskyn sluit in:

Jaar Publikasies
1945 In die verbygaan
1950 Gewondes
1968 Towertuin

Bronnelys

Boeke

  • Antonissen, Rob. Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede. Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964
  • Dekker, G. Afrikaanse Literatuurgeskiedenis. Nasou Beperk Kaapstad Elfde druk 1970
  • Kannemeyer, J.C. Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 2. Academica, Pretoria, Kaapstad en Johannesburg Eerste uitgawe Eerste druk 1983
  • Nienaber, P.J. en Lategan, F.V. Afrikaanse natuurpoësie. Afrikaanse Pers-Boekhandel Derde druk 1952
  • Nienaber, P.J. Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
  • Nienaber, P.J.; Senekal, J.H en Bothma, T.C. Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde. Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963
  • Nienaber, P.J. et al. Perspektief en Profiel. Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
  • Van Coller, H.P. (red.) Perspektief en Profiel Deel 2. J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1999

Tydskrifte en koerante

  • Hugo, Daniël. Elizabeth C.M. du Toit: ’n vergete digteres herwaardeer. Tydskrif vir Letterkunde. Jaargang 41 no. 1, Somer 2004

Internet

  • Hambidge, Joan Beeld: http://152.111.1.88/argief/berigte/beeld/2001/10/19/12/7.html

Verwysings

You May Also Like

Spencer Davis’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Spencer Davis net worth: Spencer Davis was a Welsh musician and singer who had a net worth of $10 million at the time of his death. He is best known for being the founder and front man of The Spencer Davis Group which had a massive hit with “Gimme Some Lovin”. Spencer died on October 19, 2020 at the age of 81. Spencer Davis was born in Swansea, Wales in July 1939. The Spencer Davis Group formed in 1963 with a teenage Steve Winwood as lead singer. They released their debut studio album “Their First LP” in 1965. The album reached #6 in the UK. Their album “The Second Album” was released in 1966 and reached #3 in the UK. The Spencer Davis Group released the album “Autumn ’66” in 1966 and it reached #4 in the UK. They also released the albums “With Their New Face On” in 1968, “Funky” in 1969, and “Gluggo” in 1973. Their singles “Keep on Running” and “Somebody Help Me” both reached #1 in the UK and their singles “Gimme Some Lovin” and “I’m a Man” both reached #1 in Canada. Later in life Spencer enjoyed a successful career as an A&R rep at Island Records where he signed several up-and-coming punk and reggae bands. According to interviews later in his life, “Gimme Some Lovin” reportedly earned Spencer around $500 thousand per year in royalties decades after it was released. Spencer, Steve Winwood and Muff Winwood co-wrote the song.
Read More