Reinhold Gregorowski’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African politician
Is

Politician

From

South Africa

Type

Politics

Reinhold Gregorowski (Somerset-Oos, 12 April 1856, Kaapkolonie – Pretoria, Transvaal, Suid-Afrika, 19 November 1922) was ’n regter en staatsprokureur.

Herkoms en opleiding

Gregorowski se moeder, Martha (gebore Lawton), is oorlede toe hy agt jaar oud was.

Gregorowski was die oudste seun van Reinhold Theodore Gregorowski (Marienburg, Pommere, Wes-Pruise, 7 Junie 1807 – Somerset-Oos, 7 Januarie 1880) van die Berlynse Sending en Martha Lawton (Liverpool, 19 Maart 1818 – Somerset-Oos, 21 September 1864). Hy was die sesde oudste van die egpaar se 14 kinders (sewe seuns en sewe dogters) en die derde oudste seun. Sy moeder is oorlede in die ouderdom van 46 jaar toe hy agt jaar oud was en in die agt jaar van sy geboorte tot haar oorlye is nog agt kinders gebore.

Hy ontvang sy skoolopleiding aan Gill-kollege op sy geboortedorp, waar hy in 1874 matrikuleer met sy naam boaan die lys wat ook kandidate bevat soos (later sir) M.W. Searle (1855–1926, regter) en (later sir) H.H. Juta) (1857–1930, regsgeleerde, regter, parlementslid). Hy verwerf die Frere-prys vir dié jaar, behaal daarna die B.A. aan die Universiteit van die Kaap die Goeie Hoop (voorloper van Unisa, verwerf die Porterbeurs en gaan vir sy regstudie na Engeland, waar hy toetree tot Gray’s Inn.

Loopbaan in die OVS

Op 10 November 1878, toe hy 22 jaar oud was, sluit Gregorowski by die Kaapse balie aan en begin die volgende maand in Kaapstad praktiseer. Later het hy ook in Grahamstad gepraktiseer. Hy word op 26 Maart 1881, drie weke voor sy 25ste verjaardag regter van die Oranje-Vrystaat en was destyds die jongste van alle Suid-Afrikaanse regters. Van 1883 tot 1885 is hy rapporteur van deel I van die hooggeregshofbeslissings van die OVS. In April 1892 bedank hy om staatsprokureur van die OVS te word met die reg om privaat te praktiseer. Hy beklee dié amp tot 1894 (of 1896, volgens G.P.J. Trümpelmann in die Standard Encyclopaedia of Southern Africa).

In die ZAR

In 1896 word hy regter in die Zuid-Afrikaansche Republiek. As spesiale strafregter behartig Gregorowski in April 1896 in die marksaal in Pretoria die opsienbarende verhoor van Lionel Phillips en 63 ander, almal lede van die Reform Committee van Johannesburg wat ná die mislukking van die Jameson-inval in Januarie 1896 in hegtenis geneem is. Dit was die belangrikste gebeurtenis in sy regsloopbaan. Phillips, J.H. Hammond, George Farrar en kol. Francis Rhodes word aan hoogverraad skuldig bevind en deur Gregorowski ter dood veroordeel; die ander beskuldigdes word aan crimen laesae maistatis skuldig bevind en ’n geldstraf opgelê.

‘n Paar dae ná die uitspraak word die vier terdoodveroordeeldes deur pres. Paul Kruger van die ZAR begenadig en ook ’n geldstraf opgelê. Die kern van Gregorowski se uitspraak was dat artikel nege van die Drie-en-dertig Artikele, wat ‘n klein geldboete as straf voorskryf vir persone wat planne beraam om die ZAR se veiligheid te bedreig, nie van toepassing was nie omdat daar reeds tot ‘n inval oorgegaan is; gevolglik geld die gemene reg met betrekking tot hoogverraad en moet die gemeenregtelike straf vir hoogverraad, naamlik die doodstraf, opgelê word.

Venynige kritiek volg op die uitspraak; daar word onder andere beweer dat Gregorowski reeds voor sy benoeming sy geesdrif verklaar het om met die beskuldigdes af te reken en om hulle die doodstraf op te lê. Sy gesindheid word vergelyk met dié van regter E.J.P. Jorissen wat hom aan die saak onttrek het omdat hy hom tevore teen die Reformers uitgespreek het. In die Cape Law Journal is geskryf: “Waar die een man nie by die verhoor wil dien nie uit vrees dat sy politieke gevoelens die oorhand mag kry, verlang die ander een na ‘n geleentheid om die emosies van ‘n al te vurige openbare aanklaer te vereenselwig met die heilige pligsgevoel van ‘n regter’.” In antwoord op die aantygings wys Gregorowski in die Cape Law Journal daarop dat hy altyd simpatie met die Uitlanders en Reformers se strewe gehad het “so lank dit deur eerlike middele geskied het, en tot die misdadige geaardheid daarvan aan die lig gekom het”.

Gregorowski vermeld dat hy deurgaans met hoofregter J.G. Kotzé beraadslaag het en dat sy uitspraak Kotzé se goedkeuring weggedra het; ná die uitspraak het hy ook self die begenadiging van die veroordeeldes bepleit. Sedertdien word algemeen aanvaar dat die aantygings teen Gregorowski ongegrond was en sy werk as juris kan dus na waarde geskat word, aldus dr. M. Wiechers, in lewe professor in staats- en volkereg aan die Universiteit van Suid-Afrika, in die Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel I.

Hoofregter van die ZAR

In Mei 1896 word Gregorowski ‘n regter van die Transvaalse Hooggeregshof, maar in September 1897 bedank hy as regter en word staatsprokureur, nes die geval vroeër in die Vrystaat was. In Februarie 1898 tree J.G. Kotzé ná die regterlike krisis as hoofregter van die ZAR af en word Gregorowski as sy opvolger aangewys met indienstreding op 31 Maart 1898. Terwyl hy die amp van hoofregter van die ZAR beklee, ken die Portugese regering die grootkruis van die Orde van die Onbevlekte Ontvangenis aan hom toe. Hy beklee die amp van hoofregter tot die besetting van Pretoria in die Tweede Anglo-Boereoorlog.

Ná die Driejarige Oorlog praktiseer hy van Mei 1902 in Pretoria as advokaat in die hooggeregshof in Pretoria omdat die regime van lord Alfred Milner hom nie heraangestel het nie. Met die toekenning van verantwoordelike bestuur aan Transvaal verteenwoordig hy van 1907 (die eerste verkiesing) tot 1910 (Uniewording), as lid van Het Volk-party, die setel Suidwes-Pretoria in die Transvaalse Wetgewende Vergadering.

Ná Uniewording

Ná Uniewording word hy op 1 Maart 1913 regter van die Transvaalse provinsiale afdeling van die hooggeregshof en beklee dié amp tot sy dood. In dié hoedanigheid word hy benoem tot voorsitter van die regterlike kommissie wat einde September 1914 ondersoek instel na die aanleidende oorsake van die dood van genl. J.H. de la Rey en dr. G. Grace van Johannesburg tydens die 1914-rebellie.

Dr. Wiechers beskryf Gregorowski as ‘n juris met besonderse intellektuele gawes en al sy uitsprake getuig van selfstandigheid en skerp insig. Omdat hy in ‘n bewoë tydperk dikwels belangrike openbare pligte moes vervul, is hy soms heeltemal ten onregte as politieke skyf gebruik. Hy het ‘n belangrike bydrae gelewer tot die Suid-Afrikaanse regbank se tradisie van onafhanklikheid en onkreukbaarheid.

Gesinslewe

In 1881 is Gregorowski getroud met Mary R. H. Brown, die dogter van T. Brown van Haddington, Skotland; uit die huwelik is vyf kinders gebore. Die oudste van sy twee seuns sterf in die Johannesburgse onluste van 1922. Later in dié jaar sterf Gregorowski in die tuig na ‘n aanval van beroerte op die Pretoriase stasie toe hy onderweg van sy plaas by Skurweberg na Johannesburg was.

Verwysings

Bronne

  • (af) De Kock, W.J. 1968. Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, deel I. Kaapstad: Nasionale Boekhandel Beperk.
  • (en) Potgieter, D.J. (ed.) 1972. Standard Encyclopaedia of Southern Africa. Kaapstad: Nasionale Opvoedkundige Uitgewery Ltd.
You May Also Like

Geddy Lee’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Geddy Lee Net Worth: Geddy Lee is an award-winning Canadian musician, producer, and songwriter who has a net worth of $40 million. Lee is the lead vocalist and bassist of the popular Canadian rock band Rush. Geddy also plays the keyboard for Rush. After joining the band in 1968, he has earned praise from critics and fans alike. Lee is considered one of the most technically-accomplished bassists in rock history, and many other bassists have been inspired by his playing style. He is also considered one of the best heavy metal vocalists of all time, utilizing a distinct “countertenor” falsetto. In 2013, Geddy Lee was inducted into the Rock and Roll Hall of Fame along with the other members of Rush. Early Life: Gary Lee Weinrib was born on July 29th of 1953 in North York, Ontario. Geddy was raised alongside two siblings in a Jewish household by holocaust survivors who were imprisoned in Auschwitz. His parents eventually emigrated to Canada after the war ended. Although his father was a talented musician, his early death forced Geddy’s mother to support the entire family. Lee was deeply affected by his father’s passing, but channeled his grief into music. After forming a band with a few high school friends, Geddy started booking his first paying gigs and soon decided to drop out of school. Although his mother was disappointed by this development, Lee was determined to show her that his decision would prove to be worthwhile. The nickname “Geddy” actually comes from the way his mother pronounced the name “Gary” due to her thick Eastern European accent. His friends overheard this and referred to Lee by this name from that point on. Although Lee learned how to play the drums, trumpet, clarinet, and a variety of other instruments at an early age, he was eventually drawn to the bass guitar after becoming inspired by musicians like Jack Bruce, John Entwistle, and Jeff Beck. Career: After joining Rush in 1968, Geddy and the group played at a number of small venues, including coffeehouses and high school dances. After a few years went by, Rush began playing in notable Toronto venues, such as clubs and bars. While Rush was gaining momentum, the band members were not earning nearly enough to quit their full-time jobs. However, they kept moving forward, and by the early 70s they were opening for well-known bands. As they gained popularity, Rush started performing in concerts with bands like Aerosmith, Kiss, and Blue Oyster Cult. In 1974, Rush released a self-titled debut album. Although the album failed to make much of a mark when it was first released, radio DJs eventually discovered many of its hits, including “Working Man.” Rush followed up with the album “Fly By Night” in 1975, and that year they also cranked out another album called “Caress of Steel.” Although the latter effort was a commercial failure, Rush bounced back in 1976 with “2112,” which proved to be their first platinum album in Canada. Rush reached a high level of performance from the late 70s to the early 80s. The group traveled to the United Kingdom to release two of their most well-known albums; “A Farewell to Kings” and “Hemispheres.” These albums became known for their progressive sound and heavy use of synthesizers. After releasing a more mainstream album with “Permanent Waves,” Rush reached the peak of their popularity with the album “Moving Pictures” in 1981, which contained their smash hit “Tom Sawyer.” By this point, Rush had become one of the most popular rock bands in the world, and they regularly performed to sold-out arenas. Throughout the 80s, they shifted more towards synthesizers, and Geddy was able to play synthesizers and bass at the same time with foot pedals. By the mid-80s, Geddy appeared on stage surrounded by stacks of keyboards, moving across the stage and playing a variety of different instruments in a stunning manner. He has been praised for this technical ability by a number of critics, especially because he sings at the same time. In the 90s, Rush reverted back to a more “traditional” rock and roll sound, and in 1997 they took a five-year hiatus from recording. It was during this period that Lee released his only solo album to date: “My Favourite Headache.” He collaborated with a number of well-known artists to create this album. Outside of his solo work, Lee has worked with many musicians on various projects, including the band Yes, Max Webster, and the band Boys Brigade. Relationships: In 1976, Geddy Lee married Nancy Young. The pair have welcomed two children into the world. Hobbies: Geddy Lee has a number of notable (and expensive) tastes, mostly in terms of collectibles. He is a passionate wristwatch collector, having amassed an impressive collection of 40 pieces. These include a number of rare Rolexes, Tudors, Heuers, and Patek Calatatravas. For daily wear, he favors a Heuer Carerra from the 1970s. Many of these wristwatches are rare Canadian models that were never exported. Lee is also an avid wine enthusiast, and his collection is said to exceed 5,000 bottles. He admitted that he built himself a wine cellar in the 80s in order to store his collection. He makes annual trips to France in order to add to his collection, and he also spends time tasting various cheeses during these journeys. In addition, Geddy is a committed baseball fan who supports the Toronto Blue Jays. He has collected a range of baseball memorabilia over the course of his life, and he once donated a portion of his collection to the Negro Leagues Baseball Museum. Finally, Lee has a stunning collection of vintage bass guitars that numbers in the hundreds.
Read More