Myburgh Streicher’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African politician
Is Politician
From South Africa
Type Politics
Birth

1928

Age 93 years
Politics National Party

Daniel Myburgh Streicher (gebore op 27 Maart 1928 op Swellendam – 21 Februarie 2005 in die Strand) was ‘n Suid-Afrikaanse politikus en adjunkminister van vervoerwese.

Hy ontvang sy skoolopleiding aan die Hoërskool Swellendam en aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy pa was Johannes Jacobus Streicher. Hy trou in Desember 1951 met Helena Etheresa Naudé. Drie seuns en ‘n dogter is uit die huwelik gebore.

Politieke toetrede

Streicher, wat 20 jaar oud was toe die Verenigde Party in 1948 teen die Nasionale Party verloor het, was van 1950 tot 1952 sekretaris van die V.P. Jeug. Hy dien as lid van die provinsiale raad vir Port Elizabeth-Suid van 1955 tot die algemene verkiesing van April 1958 toe hy Volksraadslid word vir Port Elizabeth-Wes, ‘n setel wat in 1938 as Port Elizabeth-Distrik geskep is en in drie verkiesings ‘n veilige V.P.-vesting was. Drie jaar later behou hy die setel toe hy onbestrede verkies word. Van 1966 se verkiesing af verteenwoordig hy die nuwe kiesafdeling Newton Park, ook in Port Elizabeth, en word in die daaropvolgende verkiesing herverkies. In 1971 kies die Verenigde Party hom as Kaaplandse voorsitter. Hy was ook voorsitter van die V.P. se Natuurlike Hulpbronne-groep, wat landbou, bosbou, waterwese en omgewingsake ingesluit het. Hy het ook in verskeie ander V.P.-liggame gedien en het veral belang gestel in opvoeding, landbou en gesondheid.

Uit V.P. geskors

Op 19 Januarie 1977 skors die party ses Volksraadslede onder leiding van Streicher, toe Kaaplandse leier, omdat hulle geweier het om die planne vir ‘n nuwe party, wat uit die Progressiewe Reformiste Party, Demokratiese Party (1973) en Verenigde Party se lede sou bestaan, te steun. Dit was almal lede van die regtervleuel in die V.P., die sogenaamde Ou Garde. Hulle het gevolglik die Onafhanklike Verenigde Party op 26 Maart 1977 gestig, wat met ingang 28 Mei 1977 die Suid-Afrikaanse Party geword het. In die verkiesing van 1977 het die party in twee setels in Port Elizabeth, Port Elizabeth-Sentraal en Walmer, asook Simonstad naby Kaapstad, gewen. Streicher was die S.A.P.-kandidaat in Wynberg, Kaapstad, maar het verloor.

Na N.P.

Die Suid-Afrikaanse Party ontbind in 1980 waarna die meeste lede hulle weg tot in die Nasionale Party vind. Streicher is in 1981 verkies tot L.V. vir die kiesafdeling De Kuilen. Van Desember 1986 tot September 1989 was hy adjunkminister van vervoerwese en van 1994 tot 1997 voorsitter van die NP-koukus in die parlement.

Bronne

  • Mostert, J.P.C. 1986. Politieke Partye in Suid-Afrika. Bloemfontein: Instituut vir Eietydse Geskiedenis, U.O.V.S.
  • Roberts, T. (hoofredakteur). 1975. Who’s Who of Southern Africa. Johannesburg: Combined Publishers (Edms) Bpk.

Eksterne skakel

  • Doodsberig Beeld, 22 Februarie 2005
  • Die nuutjies bly nie lank nuut Die Burger 30 November 1995
  • ‘n Foto van sy gedenksteen op Hermanus
You May Also Like

Harry Harkimo’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Harry Harkimo net worth: Harry Harkimo is a Finnish businessman and politician who has a net worth of $300 million. Harry Harkimo was born in Helsinki, Finland in November 1953. He is a member of the Finnish Parliament and represents the National Coalition Party. Harkimo serves as chairman of the board for the ice hockey team Jokerit and is also the developer of that team’s arena Hartwall Areena. From 2009 to 2010 he hosted the Finnish version of the reality television series The Apprentice. Harkimo finished third place in the BOC Challenge around the world single-handed yacht race from 1986 to 1987. He was elected to the Finnish parliament in 2015.
Read More