Manie Jackson’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African musician
Is Musician 
From South Africa 
Type Music 
Gender male
Birth 30 December 1979, Pretoria, South Africa
Age: 40 years
Star sign Capricorn

Manie Jackson is ‘n Afrikaanse en Country-sanger.
Tydens die 2011 SAMA-toekennings is hy vir die beste countrymusiek-album bekroon. Hy is ook al 4 keer benoem vir ‘n Huisgenoot Tempo Toekenning en 3 keer vir die Ghoema-toekennings. Hy het al 8 ateljee albums vrygestel onder Select Musiek waarvan almal Goud, Platinum, Trippel Goud en Dubbel Platinum status bereik het met verkope, en sy algehele verkope strek al verby 350 000 eenhede. Hy is tans onder die Top 10 grootste verkopers in die Afrikaanse Musiek bedryf, en volgens optredes ook baie gewild. Hy doen tans 3 tot 5 optredes per week. Hy is ook die mees bekroonde kunstenaar van alle tye met die amptelike SA Country Top 10 se Melodie-toekennings. Sy duet album, In Duet Met Ons Legendes, is ‘n album waarop hy kragte saamsnoer met van Suid-Afrika se grootste legendes, soos Bles Bridges, Gé Korsten, Carike Keuzenkamp, Bobby Angel, Min Shaw, Lance James, Clive Bruce, Jody Wayne, Barbara Ray, die Briels en meer. Hy reik in 2017 sy 8ste album uit,Palms van my hande en 2018 sy jongste album, Op n hoë noot. Hy verwerf ook 2018 n Ghoema toekening as gewildste sanger, soos deur die publiek bepaal. Hy is woonagtig in Vaalpark naby Sasolburg in die Vrystaat.

Diskografie

  • Manie Jackson, 2010 – Dubbel Platinum
  • Liefde En Genade, 2011 – Platinum
  • Sprei Jou Vlerke, 2012 – Goud
  • Tydlose Treffers, 2013 – Platinum
  • ‘n Spesiale Aand Met Manie Jackson, 2013 – DVD
  • n Spesiale Aand Met Manie Jackson, 2013 – CD
  • Onthou My, 2014 – Goud
  • Dankie Heer, 2015 – Goud
  • In Duet Met Ons Legendes, 2016 – Goud
  • Grootste Treffers, 2017 – DVD
  • Platinum Treffers, 2017
  • Palms van my hande, 2017
  • Op ń hoë noot, 2018

Sien ook

  • Lys van Suid-Afrikaanse musikale kunstenaars

Eksterne skakels

  • Manie Jackson se amptelike webtuiste
  • Die hemel weet op YouTube
You May Also Like