G.C. en S.B. Hobson’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African writer
Is Writer
From South Africa
Type Literature

G.C. Hobson (*28 Augustus 1890, Graaff-Reinet – †14 November 1945, Kaapstad) en S.B. Hobson (*17 September 1888, Grahamstad – † 7 Augustus 1965, Grahamstad) was twee Engelssprekende broers wat hulle dierverhale in Afrikaans skryf en die Hertzogprys daarmee verower. Hul was die eerste nie-Afrikaanssprekende skrywers wat die Hertzogprys kon wen.

Lewe en werk

Biografiese inligting en agtergrond

Die Engelssprekende George Carey en Samuel Bonnin Hobson is die twee oudste seuns van Samuel Bonnin Hobson (1860–1917), ’n boer in die distrik Graaff-Reinet, en sy vrou Agnes Clementine Bowles (1857–1925). Die broers is direkte afstammelinge van William Carey Hobson, wat op twaalfjarige leeftyd saam met die 1820 Setlaars na Suid-Afrika gekom het. William bly eers in die Martindale distrik en vestig hom dan op die plaas Ebenezer naby Graaff-Reinet. As grootwildjagter verwerf hy groot bekendheid en ’n klok in die Settlers’ Memorial Campanile (Port Elizabeth) word gewy aan die herinnering van hom en sy broer David. Later word hy vrederegter. Hy is getroud met Susannah Bonnin, dogter van die 1820 Setlaar Samuel Bonnin.Hulle seun, Samuel Bonnin Hobson, is die twee skrywers se grootvader. Samuel is getroud met Sarah Maria Edwards (die skrywers se grootmoeder) en na haar dood trou hy met Anne Elizabeth Carter. Hulle seun, Samuel Bonnin Hobson, die skrywers se pa, boer saam met sy broer op die plaas Ebenezer in die Kendrew distrik totdat hy ná die Anglo-Boereoorlog besluit om na Betsjoeanaland (vandag Botswana) naby die Vryburg distrik te trek. Tydens die Anglo-Boereoorlog veg hy as lid van die Gorringe’s Flying Column aan die kant van die Britse regering in die Kaapkolonie.

George Carey Hobson

George Carey Hobson is in die distrik Graaff-Reinet gebore op 28 Augustus 1890 as die tweede oudste van vyf seuns in die gesin. Sy jeug bring hy deur op die plaas Ebenezer in die distrik Graaff-Reinet, waar hy private opleiding ontvang. Op tienjarige ouderdom verhuis hy saam met die gesin na Betsjoeanaland (Botswana), waar hy die geleentheid het om die Kalahari goed te leer ken en saam met sy broer baie tyd in die veld deurbring. Later gaan hy na Muir-kollege op Uitenhage, maar bring slegs drie jaar op skool deur.

Na skool gaan boer hy op die familieplaas in Betsjoeanaland en met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog sluit hy by die Kalahari-ruitery aan om deel te neem aan die veldslae in Duitswes-Afrika. Vanaf 1914 tot 1917 is hy deel van die oorlog en is een van enkeles om die Slag van Dellvillebos in Duitsland te oorleef. Tydens hierdie oorlog word hy blootgestel aan giftige gasse en dit neem etlike maande om sy longe weer skoon te kry. Hy bring onder meer drie maande plat op sy rug in die hospitaal deur terwyl hulle water van sy longe aftap.

Na die oorlog tree hy toe tot die Staatsdiens. Eers werk hy by die Landboudepartement in die noordoostelike deel van Transvaal as hoof van die afdeling vir die bestryding van sitruskanker. Daarna is hy aan die Suid-Afrikaanse Spoorweë gesekondeer vir werk in verband met die uitvoer van vrugte, en vanaf 1925 werk hy vir die Vrugtebeurs in Kaapstad, waar hy toesig hou oor die uitvoer van vrugte. Vanaf 1936 is hy hoof van die Afdeling Bederfbare Uitvoerprodukte, ’n betrekking wat hy tot met sy dood beklee. Hy begin in 1925 skryf, maar as hy moeilikheid met die taal ondervind, roep hy sy broer se hulp in en so begin die samewerking tussen die broers. Hy is omstreeks 1920 getroud met Kathleen Cooper en hulle het ’n dogter, June.

Hy is op 14 November 1945 in Kaapstad oorlede aan die nagevolge van die gifgas en wonde wat hy tydens die Eerste Wêreldoorlog opgedoen het.

Samuel Bonnin Hobson

Samuel Bonnin Hobson is op 17 September 1888 in Grahamstad gebore as die oudste van vyf seuns in die gesin. Hy bring sy jeugjare in die distrik Graaff-Reinet op die plaas Ebenezer deur. Aanvanklik ontvang hy private opleiding op die plaas en spandeer dan geruime tyd in Betsjoeanaland, waar hy die Kalahari goed leer ken. Dan ontvang hy verdere opleiding aan die Muir-kollege op Uitenhage.

Na skool studeer hy aan die Rhodes Universiteitskollege op Grahamstad waar hy die B.A.-graad in klassieke tale en in 1908 die B.A. Honneurs-graad behaal. Onder professor A. Dingemans neem hy hier ook Nederlands as vak. Daarna word hy onderwyser aan onder andere die Hoërskool Caledon (waar C.G.S. de Villiers een van sy leerlinge was) en later skoolhoof op Franschhoek, terwyl hy voortgaan met deeltydse studie en op Wellington ’n M.A.-graad in Klassieke Tale afskryf. In 1914 word hy inspekteur van skole in die Noordweste, en in hierdie posisie bring hy ses jaar op Victoria-Wes, agt jaar op Vryburg en vyftien jaar op Grahamstad deur. Vir jare deurkruis hy die uitgestrekte Noordweste en Botswana op sy inspeksietogte, eers per perdekar, en later per afgeleefde motor. In die Noordweste ontmoet hy talle kleurvolle persoonlikhede, soos die plaaseienaar wat die regering se onderwyser ontslaan en weggejaag het omdat hy die kinders dan net in Engels leer. Die boer het toe op eie inisiatief vir hom ’n “ordentlike skoolmeester” aangestel wie se onderrig tot die Bybel beperk was. Die onderwyser se salaris was koffie, meel, suiker, tabak en slaggoed, wat die boer sommer self betaal het. Van 1934 tot 1944 is Samuel op Grahamstad lid van die Raad van die Rhodes Universiteit.

In 1942 word hy hoofinspekteur van Bantoe Onderwys in die Kaap en kort daarna assistent-sekretaris van Onderwys. Hy vestig hom in hierdie tyd in Kaapstad. In 1946 word hy bevorder tot Sekretaris van Onderwys en neem per geleentheid waar as Superintendent van Onderwys van die Kaapprovinsie, waarna hy in 1948 aftree. Later verhuis hy na Grahamstad, waar hy in die distrik boer. Na aftrede word hy as verteenwoordiger van die Verenigde Party lid van die Kaapse Provinsiale Raad vir Albany. As Lid van die Provinsiale Raad (LPR) is hy vanaf 1959 ook leier van die Verenigde Party (VP) in die Raad, leier van die VP-koukus en Lid van die Uitvoerende Raad (LUR). Hy is vanaf 1949 tot 1963 ook voorsitter van Rhodes se universiteitsraad totdat swak gesondheid hom noop om hierdie posisie in 1964 neer te lê. By Rhodes dien hy ook op die Finansies-komitee en is hy voorsitter van die raad van Livingstone College. Verder dien hy as lid van die raad van die privaatskool Kingswood Kollege in Grahamstad en op die Albany Skoolraad en is tot met sy dood voorsitter van die Grahamstad Opleidingskollege. Hy was ook direkteur van die Grahamstown Building Society en lid van die Hospitaalraad. Hy verloor nooit sy liefde vir boerdery nie en boer deurentyd in die Kalahari in die Vryburgdistrik en later ook aan die Visrivier. Hy is eers getroud met Maude Metcalf, wat omstreeks 1918 oorlede is, en hulle het ’n seun, ook Samuel Bonnin Hobson. Daarna trou hy met Francis Julia Devenish en hulle het drie kinders, Donald Bonnin, Julia en Shirley. Die Hobson House koshuis by Rhodes-universiteit is na hom genoem.

Hy is op Saterdag 7 Augustus 1965 in die Setlaars-gedenkhospitaal in Grahamstad oorlede.

Skryfwerk

Alhoewel hulle huistaal Engels is, word die twee broers groot in ’n Afrikaanssprekende omgewing, waar al hulle maats Afrikaans praat. Hulle het dus in twee wêrelde grootgeword: tuis in die wêreld van Engels en daarbuite in Afrikaans. Oor hulle werkwyse skryf S.B. Hobson insiggewend in Broers. Selfs wanneer hulle buite die huis oor vee of boerdery met mekaar gepraat het, sou hulle dit in Afrikaans doen. Hulle vind Afrikaans dus ’n geskikte medium om hulle waarnemings van diere in uit te druk, omdat hulle hul “veldondervindinge” in Afrikaans opdoen.

Gedurende 1925 vertel George (G.C.) vir Sam (S.B.) tydens ’n treinreis tussen Noupoort en De Aar die onderliggende storie van Kalahari-kaskenades. Die storie ontstaan nadat hy slaaptyd vir sy dogter stories vertel en toe sy voorraad uitgeput is, maak hy sy eie stories op, waarvan hierdie een is. Samuel bied aan om dit neer te skryf, maar beskou Afrikaans as meer gepas vir die woestyn-omgewing as Engels. Hierna werk hulle saam vir verskeie ander dierverhale. Oor hulle samewerking het Samuel verklaar dat “die inspirasie… (vir) negentig persent my broer s’n, die taal en styl myne” is en dat hy “merendeels oorvertel… wat… (G.C.)… aan die hand gedoen het”. Hierdie samewerking geld egter hoofsaaklik vir die dierverhale. Die ander werke, insluitend Op die voorposte, Aan Jannie en waarskynlik ook Geluksvlei, is haas uitsluitlik die arbeid van Samuel, selfs al verskyn G.C. Hobson se naam as mede-outeur. Waar Sangiro hoofsaaklik die bosryke tropiese oerwoud en roofdiere skilder, het die Hobsons meestal die onherbergsame woestynwêreld van die Kalahari as agtergrond. Hulle aksent val in hoofsaak ook op kleiner diere wat in ’n uitmergelende bestaanstryd gewikkel is en ’n lang reeks spannende avonture deurmaak. Hulle styl is sober en hulle waarnemings kernagtig en saaklik, waardeur hulle ’n nugterheid en rustigheid in hulle beskrywings bereik.

Hulle is ná Klaas Waarzegger (Meurant), Samuel Zwaartman (Cooper) en C.P. Hoogenhout die eerste gebore nie-Afrikaners wat ’n belangrike bydrae tot ons letterkunde lewer en daarby die eerste voorbeeld van twee outeurs wat hulle boeke gesamentlik skryf. Hulle spits hulleself hoofsaaklik toe op die dierverhaal.

Kalahari-kaskenades is die enigste van hulle boeke wat spesifiek op die jeug gemik is. Dit is ’n fantasie oor die ontstaan van die Ngamimeer wat baie lank gelede deur die diere van die Kalahari gebou is. Koning Sterktand, die leeu, regeer oor die geheimsinnige woestyn en op aandrang van die Son beraam die diere planne om ’n groot dam te bou. Dit gee aanleiding tot allerhande verwikkelinge waarin die jakkals natuurlik kans kry om tallose streke uit te haal. Die leser ontmoet onder andere vir Sterktand die leeu, Isak die ondernemende bobbejaan, Jantjie die slim skilpad en die hoofkarakter Arnols, die sluwe jakkals, wat nieteenstaande sy skelmstreke eindelik die voorman vir die bouprojek word. Die skrywers ken die gewoontes en eienaardighede van al die diere en laat hulle volgens hulle aard optree. Fragmente uit hierdie boek word opgeneem in die versamelbundel Die Afrikaanse dierverhaal.

Kees van die Kalahari bevat twee novelles, naamlik die titelverhaal (wat deur Gerrit Dekker as hulle beste werk gereken word en Kloes. Die ongenaakbare woestynwêreld word hier in keurige prosa geteken, waar die geheel ’n eenheid vorm waarteen die oorlewingstryd geveg word. In hierdie verhale word die diere simbolies van ook die mens se stryd om voortbestaan en sy liefde en begeertes. Die titelverhaal is ’n realistiese verhaal oor Kees, die grootste en sterkste bobbejaan in die hele Korannaberg en daarom ook die kommandant brandwag. As gevolg van ’n besering in ’n onderonsie met ’n luiperd word hy egter van die trop afgeskei en die jong bobbejaantjie Adoons wat ook afvallig geraak het, sluit by hom aan. Die toenadering van Adoons tot Kees is aandoenlik. Na vele wedervaringe kom hulle weer by die ou trop uit, waar Kees mettertyd weer as leier aangestel word. Die lewe van die trop word op onderhoudende wyse geskets, soos die manewales van die trop by die verkiesing van ’n nuwe kommandant en hulle taktiek om kos te kry, soos volstruiseiers en heuning steel. Die bobbejane se vrees vir die luiperd Sluip word aangrypend uitgebeeld, met ’n hoogtepunt wanneer Sluip dit waag om helder oordag ’n bobbejaan te vang, waarna die bobbejaanvegters hom moedig storm en deur oormag van getalle oorweldig. Fragmente uit die verhaal van Kees word deur G.S. Nienaber en P.J. Nienaber opgeneem in die versamelbundel Die Afrikaanse dierverhaal. Die tweede novelle, Kloes, vertel van hierdie jakkals se stryd om sy wyfie, Karlyntjie, en gesin van kos te voorsien. Wanneer die honger knyp, of gevaar hulle bedreig, blink Kloes uit deur vindingryke planne, by die uitvoering waarvan Karlyntjie hom getrou bystaan. Die troue wyfie offer haar lewe op om haar kleintjies teen ’n luiperd te beskerm en los die treurende Kloes eindelik weer verlate agter op die sandvlaktes. Hierdie stukke verskyn aanvanklik in Die Huisgenoot. Kees van die Kalahari word in 1930 met die Hertzogprys vir Prosa bekroon en die boek word ook in Engels vertaal as Adoons of the Kalahari. Later word dit herdruk onder die titel Die wedervaringe van Kees en Kloes. ’n Fragment uit hierdie verhaal word deur D.F. Malherbe in die versamelbundel Afrikaanse letterkunde opgeneem.

In 1935 wys die lesers van Die Burger en Die Vaderland in ’n peiling beide vir Kees van die Kalahari aan as die vyfde beste Afrikaanse prosawerk tot op daardie stadium.

Buks vertel die verhaal van ’n ratel aan die oewers van die Limpopo. Kalant en Bekkie, die ouers van Buks, word gedood in ’n dapper geveg met otters. Buks en sy suster moet dus op eie pote staan en hulle stryd om te bestaan word uitgebeeld in ’n reeks dramatiese tonele. Sussie raak romanties betrokke, waarna Buks sy swerftogte alleen moet voortsit totdat hy vir Kappie raakloop. Buks word eervol vermeld tydens toekenning van die Hertzogprys vir 1933.

Vlam van die Bantomberge bevat ook twee novelles. Die eerste handel oor die wildehond “Vlam” en die woeste lewe en gevegte van die trop wildehonde, terwyl die grysmuishond “Grys” en sy familie in die tweede beskryf word. Hierdie novelles is gebaseer op die waarnemings van G.C. Hobson tydens die oorlogsveldtogte van 1914–1915 in die woestyngebiede van Duits-Suidwes-Afrika.

Skankwan van die duine is hulle eerste verhaal oor die menslike bewoners van die Kalahari. Marak, wat jare lank as slaaf onder die swart mense gelewe het, veroorsaak ’n skeuring onder die Luiperdstam en bekom die kapteinskap op slinkse wyse. Die agtjarige Skankwan, ‘n kleinseun van die vermoorde kaptein, word wees gelaat en slyt sy lewe as eensame swerweling. Ten spyte van sy jeug handhaaf hy homself op behendige wyse in die onherbergsame omgewing en uiteindelik slaag hy daarin om met behulp van ’n bevriende stam wraak te neem op die moordenaar van sy vader. Die leefwyse en geaardheid van die San, asook die wild waarop hulle gedurig jag maak, word lewensgetrou geteken en dra by tot die kultuurhistoriese waarde van die boek. Die sewende druk van die boek word aanmerklik uitgebrei en het 38 hoofstukke in plaas van die oorspronklike 27. Die ingelaste hoofstukke behandel onder andere die ontgroeningseremonies van die San, sekere volksgebruike by die verlowing en huwelik en verdere episodes in die lewe van Skankwan. Hierdie verbreding gee beter agtergrond tot die San se lewenswyse en kom die verhaal ten goede. Die boek word eervol vermeld tydens toekenning van die Hertzogprys vir 1933 en word in Engels vertaal as The lion of the Kalahari. Hennie Aucamp neem In die wildpad uit hierdie boek op in sy versamelbundel Wys my waar is Timboektoe.

Geluksvlei is ’n weergawe van die lewe op ’n Karooplaas, waar die plaasdiere se gewoontes en aard die hoogtepunt van die beskrywings is. Jan van Zyl kom op sy 21ste verjaardag in besit van Geluksvlei, waar hy nou die kennis wat hy op die landbouskool verwerf het, prakties kan toepas. Hy moet egter die helfte van die plaas se waarde aan ’n ouer broer uitbetaal en moet met fyn oorleg boer om sy skuld af te los. Sy raadgewer is oom Koos, wat in sy jeug transportryer was op die goudvelde, maar nou kom aftree op die geliefde familieplaas. Die liefdesverhaalelement (die twee broers stry om die hand van dieselfde meisie) is slegs ingebou rondom die eintlike didaktiese tema van die skaapboerdery en die suksesvolle manier waarop Jannie veesiektes behandel en grondverspoeling keer.

Die roman Op die voorposte is uniek in hulle oeuvre, aangesien dit ’n intrigeroman is. Die verhaal speel af in die tyd van die republieke van Stellaland en Gosen (1882–1883) en gee ’n beeld van die vroeë diamanthandel en die ruwe mense en wilde wêreld van hierdie periode. Die held is geboetseer op die geskiedenis van die berugte perdedief Scottie Smith, wat in die roman as Le Roi bekend staan. Die twee republieke is opgerig deur blanke vrywilligers wat deelgeneem het aan twiste tussen swart kapteins. Le Roi begin as persoon met integriteit, maar na die dood van sy vrou raak hy betrokke in allerhande twyfelagtige avonture. Met behulp van sy swart bondgenote word hy die held van ontelbare waaghalsige avonture. Uiteindelik leef die Koning van die Kalahari, soos sy volgelinge hom betitel, met die dogter van ’n swart kaptein. Ten spyte van sy weldade aan verongeluktes, kan hy nie die Boeredogter Ralie oortuig om sy vrou te word nie. Die avonture is spannend, maar die karakteruitbeelding is meestal oppervlakkig en onoortuigend.

In Aan Jannie skryf ’n vader na ’n beroerte-aanval ’n twintigtal briewe oor die plaaslewe aan sy seun wat op Stellenbosch landbou studeer. Die vader vertel allerlei staaltjies en verhale uit sy ervaringswêreld en gee telkens aan die seun advies en wyse lering oor die lewe. Die briewe is in onderhoudende geselsprosa geskryf, met ’n oorwegend moraliserende doel.

Broers is outobiografiese herinneringe van S.B. Hobson oor sy en sy broer se lewens, skryfwerk en ervarings.

Van Sam verskyn ook ’n aantal sketse in Die Huisgenoot, insluitende Die kaiingharde hardepad en Die sandpad.

Eerbewyse

Rhodes-universiteit vereer vir Samuel in 1959 met ’n eredoktoraat in die regte (LL.D.-graad) ter erkenning van sy bydrae tot opvoeding aan die universiteit

Publikasies[14]

Jaar Publikasie
1929 Kees van die Kalahari

Kalahari-kaskenades

1930 Skankwan van die duine
1932 Op die voorposte
1933 Buks
1937 Geluksvlei
1943 Aan Jannie
1945 Vlam van die Bantomberge
1947 Broers (slegs S.B. Hobson)
1965 Kees Buks Vlam
1992 Die wedervaringe van Kees en Kloes

Verwysings 

Boeke

  • Antonissen, Rob “Die Afrikaanse letterkunde van aanvang tot hede” Nasou Beperk Derde hersiene uitgawe Tweede druk 1964
  • Beukes, Gerhard J. en Lategan, F.V. “Skrywers en rigtings” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1952
  • Bothma, T.C. “G.C. en S.B. Hobson” in Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
  • De Villiers, C.G.S. “Soete inval” Tafelberg-Uitgewers Beperk Kaapstad Eerste uitgawe 1979
  • Grové, A.P. “Letterkundige sakwoordeboek vir Afrikaans” Nasou Beperk Vyfde uitgawe Eerste druk 1988
  • Hobson, S.B. “Broers” J.L. van Schaik Beperk Pretoria Eerste druk 1947
  • Kannemeyer, J.C. “Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur 1” Academica, Pretoria en Kaapstad Tweede druk 1984
  • Kannemeyer, J.C. “Die Afrikaanse literatuur 1652-2004” Human & Rousseau Kaapstad en Pretoria Eerste uitgawe 2005
  • Kritzinger, M.S.B. “Ons jongste letterkunde” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Tweede druk 1940
  • Kritzinger, M.S.B. “Oor skrywers en boeke” J.L. van Schaik Bpk. Pretoria Eerste uitgawe 1932
  • Lindenberg, E. (red.) “Inleiding tot die Afrikaanse letterkunde” Academica Pretoria en Kaapstad Vierde uitgawe Eerste druk 1973
  • Nienaber, P.J. “Die Hertzogprys Vyftig Jaar” Nasionale Boekhandel Kaapstad Eerste uitgawe 1965
  • Nienaber, P.J. “Hier is ons skrywers!” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Eerste uitgawe 1949
  • Nienaber, P.J,; Senekal, J.H en Bothma, T.C. “Mylpale in die geskiedenis van die Afrikaanse
  • letterkunde” Afrikaanse Pers-Boekhandel Tweede hersiene uitgawe 1963
  • Nienaber, P.J. et al “Perspektief en Profiel” Afrikaanse Pers-Boekhandel Johannesburg Derde hersiene uitgawe 1969
  • Schoonees, P.C. “Die prosa van die tweede Afrikaanse beweging” J.H. de Bussy, Pretoria / Hollandsch-Afrikaansche Uitgevers Maatschappij v/h J. Dusseau & Co, Kaapstad 1939 (derde druk)
  • Van Coller, H.P. (red.) “Perspektief en Profiel Deel I” J.L. van Schaik-Uitgewers Pretoria Eerste uitgawe 1998
  • Wybenga, Gretel en Snyman, Maritha (reds.) “Van Patrys-hulle tot Hanna Hoekom” Lapa-Uitgewers Eerste uitgawe Tweede druk 2005

Tydskrifte en koerante

  • Koch, Retief Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2003/12/27/BY/14A/01.html
  • Marais, Marie-Louise “Wat het geword van die Hobson broers?” “Kakkerlak” Uitgawe 2, 2005
  • Van der Walt, P.D. “In memoriam S.B. Hobson 1888-1965” “Standpunte” Nuwe reeks 61, Oktober 1965

Ander verwysings

You May Also Like

Steven Spielberg’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Steven Spielberg net worth: Steven Spielberg is an American director, screenwriter and producer who has a net worth of $7 billion and annual income of $150 million. As of this writing, Steven’s $3.7 billion fortune makes him the second richest celebrity on the planet, behind good buddy and fellow director/producer, George Lucas (who is worth $6.5 billion). Steven Spielberg’s name is synonymous with film and his career spans over four decades. Some of his most-famous movies include “Jaws”, “Close Encounters of the Third Kind”, “Indiana Jones”… honestly, even the hit list is too long mention in a quick blurb. Earnings and Salary: For his own films, Steven frequently opts for a relatively low upfront salary, $10 million, in exchange for backend points on the gross revenue. One such deal for 1993’s “Jurassic Park”, resulted in a $250 million payday for Steven. That’s the same as roughly $360 million in today’s dollars. He earned at least $150 million from the sequel and $75 million from the third installment, which he did not even direct. He famously refused to accept a salary for “Schindler’s List”, calling any money earned “blood money”. He instead directed all proceeds owed to him in perpetuity be used to fund the USC Shoah Foundation in 1994 which honors and remembers Holocaust survivors. Universal Parks/Comcast Deal: Steven was able to negotiate what eventually became hundreds of millions of Jurassic Park dollars thanks to a particularly generous deal struck in 1993 with the film’s studio, Universal Pictures. Actually, the deal was with Universal’s parent MCA. In the early 1990s, MCA was flat broke and Spielberg’s contract was up for renewal. Warner Brothers made a generous offer that was almost impossible to match in terms of cash, so MCA had to get creative. In the end Spielberg successfully negotiated a deal that entitled him to 2% of all Universal park GROSS ticket sales, annually in perpetuity. Details of this arrangement became public decades later during a legal battle between Dreamworks and Disney in 2009. Legal filings showed that Steven loaned Dreamworks $15 million to help keep the studio afloat. A footnote in the lawsuit detailed Spielberg’s 2% Universal deal amounted to $30 million per year, in recent years. The payments are called “consulting fees”. Fast forward to 2015. By this point Universal was owned by the publicly-traded Comcast. Also by this point, Universal operated multiple theme parks around the world, all of which paid Steven a cut of ticket sales. As part of an Securities filings on business risks and upcoming costs, Comcast was forced to disclose that in 2017 it could owe Spielberg as much as $535 million due to a buyout clause in the contract. When 2017 came around, Spielberg did not activate the buyout clause. Instead, Comcast and Spielberg agreed to a new deal in which Comcast took an ownership interest in his film studio, Amblin Partners in a deal that could ultimately pay over $1 billion. Star Wars Bet: Back in the late 1970s during the production of what would become “Star Wars”, writer/director/creator George Lucas was convinced that his passion project would be an enormous bomb. At the same time Spielberg was filming what would become “Close Encounters of the Third Kind”. In a moment of particular weakness and desperation, Lucas asked Spielberg if he would trade backend points on their respective films. As Spielberg would later recount: “He said, ‘You want to trade some points? I’ll give you two and a half per cent of Star Wars if you give me two and a half per cent of Close Encounters.’ I said, ‘Sure, I’ll gamble with that, great.'” Spielberg accepted. And while Close Encounters was a big hit, earning more than $300 million globally, Star Wars would eventually go on to earn billions. In the process, Steven made (and still makes to this day) a small fortune from a movie he had nothing to do with at all. Early Life: Spielberg had humble beginnings when he was just a boy with a huge imagination and a dream. Steven Spielberg was born on December 18th 1946, in Cincinnati, Ohio. His mother Leah Adherer was a concert pianist and his father Arnold Spielberg was an electrical engineer involved in the development of computers. Steven’s childhood was spent in Haddon Heights, New Jersey and Scottsdale, Arizona. It was in Scottsdale, as a teenager, where a young Spielberg would create 8mm short films. At age 12, he made his first movie when he filmed a train wreck involving his toy Lionel trains. Even back then, Spielberg had the gall to charge 25 cents for the local kids to come and watch his many epics. At the age of 13, Spielberg won an award for his 40-minute film about war called “Escape to Nowhere”. At the age of sixteen he made his first feature-length film, “Firelight”, which he played at his local cinema. It was a Sci-fi film which would later go on to inspire the classic “Close Encounters of the third kind”. Unfortunately, his parents eventually divorced and he moved with his father to Saratoga, California where Steven attended and graduated from Saratoga high school. After graduation he applied to the University of Southern California School of Theater, Film, and Television but was rejected three times. Instead he attended California State University, Long Beach, where he became part of the Theta Chi Fraternity. Early Career: His career did not begin until he worked at Universal Studios as an unpaid intern for the editing department. It was during this time that Spielberg directed a twenty-four-minute short film, “Amblin” (a name that he would eventually carry to his production company) which caught the eye of Sidney Shainberg who was the vice president of production for Universal’s television division. Spielberg became the youngest director to ever sign a long-term contract with a major studio. He dropped out of college for the opportunity (but later returned in 2002 to complete his BA degree in Film and Electronic Arts, as if he needed the credentials to back up the field experience!) During his time as a television director he directed episodes of Rod Sterling’s Night Gallery, Columbo, and Marcus Welby M.D. These ventures were so successful that he was signed on to shoot four made-for-television films. The first of which was the 1971 classic “Duel”. Duel was such a success that he was offered the job of directing the theatrical feature film “The Sugarland Express”. The film was met with a lot of positive feedback. Success: It was not until 1975 when Spielberg’s career sky-rocketed with the success of “Jaws”. In 1975 Jaws became the first real blockbuster film after over 67% of Americans went to see it. At that time, he rejected offers to make Jaws 2, King Kong, and Superman. Instead, Steven followed Jaws up with “Close Encounters of the Third Kind” starring Richard Dreyfus (who Spielberg considers his alter ego). In 1981 he teamed up with long time friend and fellow filmmaker George Lucas to create Raiders of the Lost Ark, the first installment in the Indiana Jones series, which was an even bigger hit. A year later, Spielberg went back to the science fiction genre when he directed E.T., the Extra-Terrestrial, a film about a young boy and the friendly alien he befriends. E.T. went on to become the top-grossing film of all time, and was nominated for nine Oscars. Between 1982 and 1985, Spielberg produced three incredibly high grossing and acclaimed films: Poltergeist (he also co-wrote the screenplay), The Twilight Zone, and The Goonies, for which he also wrote the story the screenplay was based on and executive produced the film. Next up, Spielberg directed the Raiders prequel Indiana Jones and the Temple of Doom, again teaming up with George Lucas and Harrison Ford. This movie, along with the Spielberg-produced Gremlins, led to the creation of the PG-13 rating. The movie was a huge 1984 blockbuster. 1985 saw Spielberg’s release of an adaptation of Alice Walker’s Pulitzer Prize-winning novel, The Color Purple, starring Whoopi Goldberg and Oprah Winfrey. The film helped catapult Spielberg into the dramatic genre, with Roger Ebert announcing it the best film of the year and later entering it into his Great Films archive. The movie was nominated for eleven Oscars.  In 1987, Spielberg shot Empire of the Sun, the first American film in Shanghai since the 1930s. While it didn’t garner substantial box office wins, it was critically acclaimed and nominated for several Academy Awards. After two forays into more serious dramatic films, Spielberg then directed the third Indiana Jones film, 1989’s Indiana Jones and the Last Crusade. Steven’s career would continue to create more massive hits such as 1991’s Hook starring Robin Williams, AI Artificial Intelligence, Minority Report, and Jurassic Park, a legendary film that needs no introduction or explanation. He also executive produced the entire Men in Black franchise. He continued his dramatic work throughout the 2010s with movies like War Horse, Bridge of Spies, Lincoln, and The Post. In addition to the box office acclaim he has also seen critical acclaim and awards. Spielberg has won three Academy Awards, two of them for directing (1993’s Schindler’s List and 1998’s Saving Private Ryan, both of which are consistently found on lists of the greatest films of all time,) and one for Best Picture (Schindler’s List). His films are consistently nominated for Best Picture and Best Director. Apart from his extensive and genius film career, Spielberg has long been involved in video games production: collaborating, directing, designing, and screenwriting. Steven Spielberg continues to make, direct, produce, and breathe films. Personal Life: In 1985, Spielberg and his first wife actress Amy Irvine had their son Max Samuel Spielberg together. The couple would divorce in 1989 after 3 and a half years of marriage. They cited competing stresses of their careers as a main cause of their falling out. Their divorce was reportedly the third most costly celebrity divorce in history at that time. He got remarried on October 12, 1991 to actress Kate Capshaw, whom he had met when she was cast in Indiana Jones and the Temple of Doom. Capshaw converted to Spielberg’s religion, Judaism. The two live in four different locations around the world (Pacific Palisades, Ca, New York City, Naples Florida, and the East Hamptons) with their seven children. Real Estate: Steven and Kate own at least $200 million worth of real estate. For many years they owned a 1.4-acre slice of Malibu’s most-coveted beachfront. They bought the first of the parcels that became their final property, back in 1989 for $3.375 million. They expanded their footprint in 2002, purchasing the lot next door for $3.2 million. They sold the property, which has 150 feet of ocean frontage, in 2015 for $26 million. Their longtime primary residence, which they still own today, is an incredible 5-acre multi-home compound in the Pacific Palisades. Not far from their home, they also own an equestrian facility. On the east coast they own a 6,000 square-foot New York City apartment that directly overlooks Central Park West. Out in East Hampton, they own a 10-acre estate that is partially oceanfront and partially on a cove. The Spielberg compound encompasses 7.5 acres. In 2013, a nearby 5.5 acre property was put on the market for $75 million by a woman named Courtney Ross. Courtney is the widow of Steve Ross, the one-time Chairman of Warner Communications and longtime mentor of, Steven Spielberg. Spielberg would later describe Ross as “very much what I wish my father was”. Schindler’s List is dedicated to Steve Ross. Courtney sold her property for $50 million after a year on the market, perhaps not coincidentally, to Spielberg’s Dreamworks co-founder David Geffen. Geffen sold the estate two years later for $67 million. Again, the Spielberg-Capshaw property is at least two acres larger than the former Ross/Geffen property. The Spielbergs own several other Hamptons properties and a home in Naples, Florida. Steven has also financed several homes for his children around Los Angeles. Hobbies: Spielberg is an avid boating enthusiast. He purchased a mega-yacht (282 foot) called the Seven Seas in 2013. He paid $182 million dollars for it. He later put it up for sale and upgraded to a new 300-foot yacht that cost him a whopping $250 million dollars. He’s also, if you can believe it, a collector of old film memorabilia. He owns brag-worthy trinkets like a balsa Rosebud Sled from the set of Citizen Kane and Orson Welles’s own directorial copy of the script for 1938’s The War of the Worlds. He purchases Academy Award statuettes (for example, the awards that Bette Davis won in the 1930s) being sold on the open market and donates them to the Academy of Motion Picture Arts and Sciences in order to keep them preserved and prevent commercial exploitation. Spielberg also owns many works by American painter Normal Rockwell. His own personal collection of 57 Rockwell paintings (along with fellow collector George Lucas’s own works) were displayed at the Smithsonian in an exhibition titled Telling Stories from July 2-January 2 2011. Although we can’t imagine where he finds the time, Spielberg is also a film buff who watches several films on any given weekend.
Read More