Francois van Heyningen’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

Intro South African actor
Is Actor 
From South Africa 
Type Film, TV, Stage & Radio 

Francois van Heyningen (1935–2015) was ‘n Afrikaanse akteur, sanger, skrywer en radio-omroeper. Heyningen is bekend vir rolprente soos Die Banneling (1971), Sien jou môre (1970) en Z.E.B.R.A. (1971). Hy was ook die stem van Francois Fonselet in die oorgeklankte TV-drama, Die Meisie van Avignon. Hy was as omroeper by die Afrikaanse Radiodiens, Springbokradio en later by Radio Pretoria betrokke, en het op ‘n tyd Springbokradio se drama-departement bestuur. Hy het meer as 12 radioverhale met meer as 1800 episodes geskryf, waaronder Agent Nul-dubbel-nul-ag, Huis Vergeet-my-nie en Kringloop van die lewe. ‘n Geestelike boek, genaamd Hoe om suksesvol te lewe, het uit sy pen verskyn en is deur Lux Verbi uitgegee.

Beknopte biografie

Francois van Heyningen is op 23 Mei 1935 op Theunissen gebore en het op ‘n plaas in die distrik Bultfontein grootgeword. Heyningen het later by die SAUK in Bloemfontein begin werk. Hy was ‘n gegradueerde met hoofvakke wat onder meer geskiedenis, musiekgeskiedenis, kerkgeskiedenis en kommunikasiekunde ingesluit het.

Heyningen was met die sopraan Lucille Ackerman getroud. Sewe kinders is uit dié huwelik gebore en ten tyde van sy dood was daar 11 kleinkinders.

Hy is op 14 Oktober 2015 in die ouderdom van 80 aan longontsteking oorlede, nadat hy geval en ‘n ribbebeen en rugwerwel gebreek het.

Werke

Filmografie

  • Die Banneling, 1971 as dr. Ben Gericke
  • Z.E.B.R.A., 1971 as kolonel van die veiligheidspolisie
  • Sien jou môre, 1970 as advokaat Dreyer
  • Dr Kalie, 1968 as Hannes Muller
  • Hoor My Lied, 1967 as man in restaurant (nie geakkrediteer nie)

Diskografie

  • Die Banneling, LP, COLUMBIA, 1971
  • Luistergenot met Francois, LP, COLUMBIA/EMI
  • Sing… Sag Ruis Die Windjie, LP, COLUMBIA/EMI
  • Die Lewenslied Van Francois & Lucille, 2007, Gallo

Bibliografie

  • Hoe Om Suksesvol Te Lewe, 96 bladsye, Lux Verbi, ISBN 0-86997-882-9

Verwysings

Eksterne skakels

  • Francois van Heyningen sing die temalied van Die Banneling op YouTube
  • Heyningen sing Ek Mag Jou Dalk Verlaat, Lief op YouTube
You May Also Like