Charles Murray’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African minister of the Dutch Reformed Church
Is Minister
From South Africa
Type Religion
Gender male
Birth

26 February 1833

Star sign Pisces

Ds. Charles Murray (Graaff-Reinet, 26 Februarie 1833 – Graaff-Reinet, 31 Oktober (volgens ‘n ander bron 23 September) 1904) was die vierde van ds. Andrew Murray sr. se vyf seuns wat predikant in die Nederduitse Gereformeerde Kerk geword het.

Hy ontvang sy opleiding in godgeleerdheid aan die Universiteit van Utrecht. In 1858 word hy in die NG gemeente Clanwilliam bevestig, van waar hy in 1866 na NG gemeente Graaff-Reinet gaan om sy vader, ds. Andrew Murray sr., wat daardie jaar afgetree het, op te volg. Saam het hulle die gemeente 82 jaar van 1822 tot 1904 gedien. Tydens die seun se dienstyd is die huidige kerkgebou, een van die grootste en sierlikste in die land en losweg gegrond op die Salisbury-katedraal, op 10 September 1887 ingewy.

Murray was, volgens eerw. A. Dreyer, by uitnemendheid ‘n warme sendingvriend en ‘n tere kindervriend. Hy was ‘n vrugbare skrywer wie se werk meesal in kerklike tydskrifte verskyn het. Sy lieflingsarbeid was die Sondagskool en in verband met die uitgawe van “De Kinderharp” en “Halleluja” het hy onvergeetlike werk gedoen.

Sy seun Charles Daniel Murray was van 1899 tot 1943 ‘n NG predikant. Sy eerste gemeente was Petrusville tot 1905 en toe Bloemfontein tot 1912, waarna Parys en uiteindelik Pretoria van 1927 tot en met sy aftrede. Sy dogter Margaret Jemima was getroud met ds. A.J. van Wijk, eerste opsteller van die Bybelse dagboek Uit die Beek.

Verwysings

Bronne

  • Dreyer, eerw. A. 1924. Eeuwfeest-Album van de Nederduits Gereformeerde-Kerk in Zuid-Afrika 1824–1924. Kaapstad: Publikatie-kommissie van de Z.A. Bijbelvereniging.
  • Hofmeyr, George (hoofred.), 2002. NG Kerk 350. Wellington: Lux Verbi.BM.
  • Olivier, ds. P.L. (samesteller), 1952. Ons gemeentelike feesalbum. Kaapstad en Pretoria: N.G. Kerk-uitgewers.
You May Also Like

Rasheeda Buckner’s biography, fact, career, awards, net worth & life story

Rasheeda Buckner is an American rapper, singer, businesswoman, fashion designer and reality television personality with an estimated net worth of $600,000. She was born in Atlanta, Georgia, and became known as a member of the hip-hop group Da Kaperz. She was able to launch her solo career in the year 2000 and released her debut album “Dirty South” in 2001. She eventually became a cast member of VH1’s “Love & Hip Hop: Atlanta.” Rasheeda released her fifth album, Certified Hot Chick on August 18, 2009. She also became a part of the R&B or hip-hop duo Peach Candy with the R&B singer-songwriter named Kandi Burruss.
Read More