| Intro | South African actress |
| Is | Actor |
| From | South Africa |
| Type | Film, TV, Stage & Radio |
| Gender | female |
Carien Botha is ‘n Suid-Afrikaanse aktrise. Sy is veral bekend vir haar rol as Blapsie in verskeie produksies, soos kykNET se sepie Molly en Wors asook rolprente soos Poena is Koning, Vaatjie sien sy gat en Stoute Boudjies.
Botha het al in die laerskool begin sing en toneelspeel en sy voer haar eerste solo vertoning op die ouderdom van 11 op. Sy tree ook tydens haar hoërskooljare in Hoërskool Oos-Moot in verskeie produksies op, onder andere The Sound of Music by die Staatsteater. Tydens haar matriekjaar in 2005 vertolk sy die rol van een van die skoolmeisies in die Polka.com-advertensie, wat met ‘n Pen Doring-toekenning bekroon is.
Verwysings
Eksterne skakels
- Carien Botha se Facebook-blad