Ben de Wet’s biography, net worth, fact, career, awards and life story

From South Africa 
Gender male
Birth 1893

Ben de Wet (*16 Januarie 1893, distrik Carnarvon – †14 April 1954, Windhoek) was ’n rektor van die Bloemfonteinse Normaalkollege en ’n Afrikaanse dramaturg.

Lewe en werk

Herkoms en opleiding

Benjamin Albertus de Wet is op 16 Januarie 1893 op die plaas Klipkolk in die distrik Carnarvon gebore. Tydens die Anglo-Boereoorlog pas hy hier skape op omdat sy vier ouer broers as Kaapse rebelle op kommando was en die veewagters as wadrywers by die Engelse magte aangesluit het. Hy gaan dus eers op tienjarige leeftyd vir die eerste keer skool toe en wel na die dorpskool op Carnarvon. In 1911 matrikuleer hy aan die hoërskool op Carnarvon. Hy studeer vir ’n jaar aan Victoria Kollege op Stellenbosch en gee daarna onderwys op Zastron in die Vrystaat. In 1914 gaan hy na die Grey-universiteitskollege op Bloemfontein en vanaf 1916 studeer hy weer verder op Stellenbosch en behaal in 1918 die M.A.-graad. Op universiteit beywer hy hom vir die bevordering van toneelkuns en volksang en neem onder andere aktief deel aan die Anti-kakie-beweging (wat daarin geslaag het om vir die destydse verdedigingsmag ’n ander uniform te verkry).

Loopbaan in die onderwys en verdere studie

Na hy sy graad verwerf is hy vir ’n ruk onderwyser aan Stellenbosch Boys High (later die Paul Roos Gimnasium) waar Paul Roos in daardie jare die hoof was. Hy gaan terug universiteit toe en behaal die Eersteklas Onderwyssertifikaat waarna hy lektor word aan die Universiteit van Stellenbosch en vir professor J.J. Smith behulpsaam is met Huisgenoot. In 1922 gaan hy oorsee en studeer in Duitsland eers in Leipzig en daarna in München, waar hy in 1924 die Ph.D.-graad met lof verwerf met ’n proefskrif oor Die proefnemings in leerplan-vryheid sedert 1900, met besondere inagneming van Duitsland en die Dalton-plan. Hierna onderneem hy ’n studiereis deur Europa en Engeland om die Dalton-skole beter te leer ken en keer dan terug na Stellenbosch, waar hy vir ses maande waarneem as lektor in die plek van professor Gawie Cillié. Hierna word hy hoof van die Tegniese Skool op Heidelberg in Transvaal. Hy ontmoet hier vir Martha Maria (Mattie) Knipe, wat as onderwyseres aan die skool verbonde is en trou later met haar. Die egpaar het vier kinders.

Later is hy agtereenvolgens lid van die personeel van die Pretoria Normaalkollege, dan van die Universiteitskollege van die Oranje-Vrystaat in Bloemfontein en dan die Bloemfonteinse Normaalkollege, waar hy 13 jaar onderhoof en 18 maande rektor is.

Latere jare en sterfte

In 1944 bedank hy as rektor en gaan boer in Suidwes-Afrika met beeste en karakoelskape, terwyl hy ook vir ’n ruk redakteur is van Die Suidwester in Windhoek. Dwarsdeur sy lewe is hy betrokke by kultuur- en volksake en is onder andere sekretaris en later voorsitter van die Afrikaanse Taalbeweging op Stellenbosch. Hy is ook geesdriftige amateurtoneelspeler en as dosent tree hy dikwels op as regisseur van opvoerings, terwyl hy jare lank provinsiale bestuurslid van die Voortrekkers is. Hy is op 14 April 1954 in Windhoek in Suidwes-Afrika oorlede.

Skryfwerk

Hy het die drama Braam en Juliana geskryf. Terwyl hy aan die Universiteit van Stellenbosch verbonde was het hy verskeie sportliedjies, waaronder Ikeys, ons kry julle jammer, Riekatie Samma Kaboe en Drink maar nog ’n sopie, geskryf.

n Aantal van sy volksliedjies word opgeneem in die F.A.K. Sangbundel, terwyl hy aan die bekende Sarie Marais ’n vierde versie byvoeg. Hy het ook liedjies vir die Voortrekkers geskryf.

Publikasies

Jaar Publikasies
1932 Braam en Juliana

Bronnelys

Boeke

  • Nienaber, P.J.: Hier is ons skrywers! Afrikaanse Pers-Boekhandel. Johannesburg. Eerste uitgawe. 1949.

Internet

  • Worldcat: http://www.worldcat.org/search?q=au%3ADe+Wet%2C+Benjamin+Albertus%2C&qt=hot_author

Ongepubliseerde dokumente

  • Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) Bloemfontein. Wet, dr. Benjamin  Albertus de – Biografie.
You May Also Like

Crystal Mocahantas’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Crystal Mocahantas net worth: Crystal Mocahantas is an American socialite and entrepreneur who has a net worth of $500 thousand. Crystal Mocahantas is based in Atlanta, Georgia and is the fiancé of Ralo Wonder, a very successful millionaire who produces film, television, and music projects. She is rumored to be the newest cast member of the hit reality television series, “The Real Housewives of Atlanta”. “The Real Housewives of Atlanta” has aired for five seasons so far, and was recently renewed for a sixth. The series follows a group of wealthy women based in Atlanta as they go about their daily lives. The cast has changed multiple times, with only one cast member, NeNe Leakes, remaining from the first season. The show has become the most watched program on the Bravo Network, and the most popular program in “The Real Housewives” franchise. Multiple names have been tied to the program as possible new cast members, though nothing official has been announced.
Read More

Doug Clifford’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Doug Clifford net worth: Doug Clifford is an American rock drummer who has a net worth of $40 million. Doug Clifford was born in Palo Alto, California in April 1945. He is best known for being a founding member of the band Creedence Clearwater Revival. The band was formed in 1967 and their self-titled debut studio album was released in 1968. The album reached #1 in Australia and Japan and #52 in the United States. Tom would record a total of six albums with the band. All six of these albums reached #1 in either the US, Australia, Canada, Finland, Germany, Japan, the Netherlands, Norway, or the UK. Their 1970 album Cosmo’s Factory reached #1 in all of those countries and was certified 4x Platinum. Their most popular singles included “Proud Mary”, “Bad Moon Rising”, “Green River”, “Down on the Corner”, “Fortunate Son”, “Travelin’ Band”, “Who’ll Stop the Rain”, “Up Around the Bend”, “Run Through the Jungle”, “Lookin’ Out My Back Door”, “Have You Ever Seen the Rain?”, and “Sweet Hitch-Hiker”. The band sold over 50 million albums and singles worldwide. They were inducted into the Rock and Roll Hall of Fame in 1993. Clifford released the solo album Cosmo in 1972 and also released two albums with The Don Harrison Band.
Read More

Andrew Feldman’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Andrew Feldman net worth: Andrew Feldman is an English poker player who has a net worth of $10 million dollars. Born in the United Kingdom, Andrew Feldman was introduced to poker by his older brother. He began playing online, and quickly saw his earnings grow. His occasional play grew into a full-blown addiction, and, after winning a great deal of money, he ended up losing all of it over the course of one bad week of gambling. At the urging of his parents, who wanted him to complete school, he attended Gambler’s Anonymous meetings and tried to focus on his studies, but ultimately gave up. He went back to playing and won all of his money back and more. He then completed his A-levels, as required by his parents, but made no effort to go on to a university. Instead, he returned to playing poker, and has gone on to win over $800,000, and is now sponsored by Full Tilt Poker online.  
Read More