Anna S. du Raan’s biography, fact, career, awards, net worth and life story

Intro South African writer
Is Writer
From South Africa
Type Literature
Birth

1913

Anna S. du Raan (*29 Januarie 1913, Vanwyksdorp – † 5 Februarie 2005, Stellenbosch) was ’n Afrikaanse skrywer, wat getroud was met die uitgewer C.F. Albertyn. Die meeste van haar werk is gemik op kinders en die jeug.

Lewe en werk

Anna Salomina Gelderblom is op 29 Januarie 1913 op Vanwyksdorp gebore. Sy word groot in die bosbougebied op Driefontein in die distrik Franschhoek, waar sy op die dorp skoolgaan en in 1931 matrikuleer. Hierna studeer sy vir twee jaar verder aan die Denneoord Opleidingskollege, waar sy haar as plattelandse onderwyseres bekwaam. Sy gee skool by plaasskole op Onder-Smoordrif (naby Kookhuis) en Somerset-Oos, waarna sy tussen 1937 en 1943 hoof word van die Modelplaasskool Denneoord, wat deur twee onderwysers bedien is. Hier ontwikkel sy haar eie benadering tot onderrig, waardeur elke leerling aktief by die onderrigproses betrek word. Hierdie metode word beskryf as die projekmetode of geïntegreerde onderwys en saam met dr. A. Smuts publiseer sy in 1944 die publikasie Pionierswerk in die Primêre Skool, waar sy hierdie benadering uiteensit.

Sy trou in 1944 met ds. C.J. du Raan en word dan pastorievrou op Loeriesfontein in die Boesmanland. In 1948 verhuis hulle na Citrusdal, wanneer haar man ’n beroep na hierdie gemeente aanneem. Hy is egter in daardie jaar in ’n skietongeluk oorlede. Sy bekwaam haar dan as algemene verpleegster aan die Carinus-Kollege in Kaapstad. In 1952 doen sy tering op en word vir vyftien maande in die Bruwelskloof-hospitaal op Worcester verpleeg. Hierna keer sy terug na die Carinus-Kollege om haar opleiding as verpleegster te voltooi. Vir ’n jaar gee sy dan klas aan die Denneoord Opleidingskollege. Sy keer in 1958 terug na die onderwys wanneer sy op versoek van die inspektoraat die pos as skoolhoof van die Voorbereidingskool Goodwood oorneem. Hierdie pos beklee sy tot 1969. In hierdie tyd skryf sy die handboeke vir skoolgebruik Handleiding vir geïntegreerde onderwys standerd 2 en Handleiding vir omgewingsleer, sub A, B en Standerd 1. In 1969 trou sy met dr. C.F. Albertyn, wat onder meer redaksielid van Die Burger, hoofbestuurder van die Nasionale Pers en uitgewer was. Saam met hom wy sy haar nou toe daaraan om naslaanmateriaal vir Afrikaanse kinders in hulle moedertaal beskikbaar te stel en sy het ’n groot aandeel in die publikasie van Die Afrikaanse Kinderensiklopedie en Die Ensiklopedie van die Wêreld. Haar man, C.F. Albertyn, is in 1999 oorlede en sy is op 5 Februarie 2005 op Stellenbosch oorlede.

Skryfwerk

Haar kindertoneel Die sleutel nommerpas word vir die eerste keer in 1964 opgevoer. Die toneel is in vier bedrywe, waar elke bedryf een van die vier seisoene voorstel en die handeling gepaardgaan met die sing van ’n aantal liedjies oor die onderwerp.

Van die versies wat sy in haar handboeke vir die skool publiseer, word opgeneem in die versamelbundel Nuwe Kleuterverseboek.

Baanbreker van die woord is ’n biografie oor die vroeë taalstryder Arnoldus Pannevis.

Vir die jeug skryf sy ’n reeks boekies oor die meesters van die klassieke musiek, waarin sy bekende komponiste se lewensgeskiedenis in eenvoudige taal vertel. Hierdie reeks sluit in Mozart, die wonderkind van Salzburg,Berlioz, vurige meester van die orkes, Johann Sebastian Bach, die groot orrelspeler, Beethoven en die lied van vreugde, George Handel: Die Duitser wat ’n groot Engelse komponis geword het, Schumann, die komponis wat aan natuurmannetjies geglo het, Fryderyk Chopin, meester van die klavier en Franz Schubert, die man met die lied in sy hart.

Sy lewer ook vier boekies in die Ons Helde-reeks. Die eerste boekie in hierdie reeks is Twee dapper vegters, wat vertel van John Chard en Dick Lang. Daarna volg Seuns van staal, wat die verhale vertel van John Ross, Dirkie Uys en Japie Greyling;  Deur water en vuur en laastens Drie dapper dogters, wat vertel van Racheltjie de Beer, Klara Majola en Helena Lotri.

Lammetjie in die trommeltjie is ’n verwerking van ’n ou volksverhaal, wat geïllustreer word deur Katrine Harries.

Publikasies[2]

Jaar Titel van publikasie
1965 Die sleutel nommerpas
1967 Lammetjie in die trommeltjie
1969 Berlioz, vurige meester van die orkes

Mozart, die wonderkind van Salzburg

Johann Sebastian Bach, die groot orrelspeler

Beethoven en die lied van vreugde

George Handel: Die Duitser wat ’n groot Engelse komponis geword het

Schumann, die komponis wat aan natuurmannetjies geglo het

Fryderyk Chopin, meester van die klavier

Franz Schubert, die man met die lied in sy hart

1970 Twee dapper vegters

Seuns van staal

1971 Deur water en vuur

Drie dapper dogters

1975 Baanbreker van die woord

Samesteller en redakteur

Jaar Titel van publikasie
1964 In pas met die kleinspan
1973 Die kleuterstorieboek (saam met Elizabeth van der Merwe)

Verwysings   

Internet

Die Burger: http://152.111.1.87/argief/berigte/dieburger/2005/02/19/BY/09/02.html

Ander verwysings

You May Also Like

Alice Goodwin’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Alice Goodwin net worth: Alice Goodwin is a British glamour model who has a net worth of $1 million dollars. Born in Stoke-on-Trent, England, Alice Goodwin graduated from Newcastle-Under-Lyme School and then went on to attend Keele University. She was pursuing a degree in English and Education at Keele. While sunbathing on the beach one afternoon, she was approached by talent scouts from the Daily Star. Since then, she has appeared in multiple men’s magazines, including Maxim, Nuts, and Zoo. In 2010, she began appearing on Elite TV, a televised sex chat channel. Readers of Zoo named her “Hottest Topless Babe of the Year”, in 2009. She has been in and out of the headlines because of her relationship with football player Jermaine Pennant. He had an affair with Ms. Goodwin while he was engaged to someone else. After his fiancé broke off the relationship in 2011, Pennant and Goodwin took their relationship public.
Read More

Yaya Toure’s net worth, biography, fact, career, awards and life story

Yaya Toure net worth and salary: Yaya Toure is an Ivorian football (soccer) player who has a net worth of $70 million dollars. Yaya Toure began playing football with the ASEC Mimosas youth academy team in Cote d’Ivoire in the mid-90s. From there, he relocated to Europe, where he spent two and a half years playing for Beveren in Belgium. His ability to play multiple positions well, proved to be both a blessing and a curse. The team’s manager felt that he was “completely average”, and was uncertain of how to utilize his skills. He moved to Metalurh Donetsk in the Ukraine for a year and a half, and then spent a year with Olympiacos. It was with Olympiacos that he began to gain widespread attention. After signing with AS Monaco, he had a difficult first year, but hit his stride when he moved to Barcelona. In 2010, he began playing for Manchester City, and has had a very successful time with the team. He was signed with them through 2017. In 2018 he jumped to Greek team Olympiacos.
Read More